Potgooi – Nuus &  Weer  9h30 28 September 2018 – Vrydag

Potgooi – Nuus & Weer 9h30 28 September 2018 – Vrydag

Aangebied deur Yolanda Weeksdae om 9:30 (CAT)

Klik HIER om weer te luister

https://archive.org/details/yol2018-09-28.092834

Kennisgewing

  1. Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
  3. Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda

Die Nuus word aangebied in samewerking tussen Netradiosa, FM Stereo & FM Live Gospel Active

Nuus

Ramaphosa lieg deur sy tande oor plaasmoorde

In ‘n videogreep wat geneem was tydens Cyril Ramaphosa se besoek aan die Verenigde Nasies in New York, stel hy dit duidelik dat géén blanke boere op plase vermoor word nie, en dat daar geen onwettige grondbesettings in Suid-Afrika plaasvind nie.

TLU SA sê dit nadat ten minste 43 mense reeds vanjaar op plase vermoor was waarvan 20 blanke boere was, volgens sy gesaghebbende databasis.

‘n Aansienlike hoeveelheid onwettige grondbesettings wat plaasgevind het was deur die nasionale media gerapporteer. Waar die land se president aan hierdie blatante valshede kom, sal net die man in die maan weet, sê TLU SA se president, mnr. Louis Meintjes. “Duidelik is die president se begrip van brutale Suid-Afrikaanse werklikhede die gevolg van erg verdraaide ideologiese tonnelvisie. Hy lieg deur sy tande.”

Dr. Pieter Gronewald sê Cyril Ramaphosa se ontkenning van plaasmoord en grondgryp in Suid-Afrika is oneerlik en ʼn blatante leuen. “Dit is ʼn jammerlike poging om die buiteland hieroor ʼn rat voor die oë te draai.

“Die president is óf totaal waningelig óf hy is besig met ʼn blatante poging om die Verenigde Nasies (VN) én die wêreld onder ʼn vals indruk te bring, veral oor plaasmoord.

“Die feit dat die polisie self die statistiek oor plaasmoord en -aanvalle bekend stel, asook vorige polisieverslae oor plaasaanvalle, erken die werklikheid van plaasmoord en -aanvalle en dit maak dit onverstaanbaar dat die president van die land in ʼn staat van ontkenning daaroor is en die boere sodoende in die steek laat.

“Aan die een kant vertel hy hoe belangrik boere is, maar in die buiteland verraai hy hulle.

“Indien die president werklik eerlik wil wees teenoor die wêreld, moes hy eerder gevra het dat internasionale hulp verleen word om te kyk hoe ʼn bydrae gemaak kan word om misdaad in Suid-Afrika te bekamp, en in besonder plaasmoord wat deels die oorsaak is van die gebrekkige landelike beveiligingstelsel en -strategie in Suid-Afrika,” sê dr. Groenewald.

Bron: Die Vryburger

 

Sutherland Hoërskool deur brand verwoes

Ondersoek word ingestel nadat ‘n brand bykans 80% van Sutherland se hoërskool verwoes het.

Sewe klaskamers, die administratiewe kantore, personeelkamer en die skool se ingangsportaal is totaal vernietig. Slegs vier klaskamers en die koshuis is nie beskadig nie.

Intussen is ‘n leerling in ‘n skool in Richmond in die Noord Kaap deur ‘n medeskolier met ‘n mes doodgesteek.

Bron: Die Vryburger

 

Top SA fietsryer kritiek

Lynette Burger, een van SA se top vroue fietsryers, is in ‘n kritiese maar stabiele toestand in die hospitaal nadat sy tydens ‘n vroeë oggend oefen sessie deur ‘n minibus taxi raakgery is.

Die taxibestuurder het ‘n rooi verkeerslig geïgnoreer, soos motoriste al gewoond is, en Burger getref.

Dit is die derde insident waarin bekende fietsryers deur taxi’s raak gery is. Burry Stander is in Januarie 2013 gedood aan die Suidkus en in 2011 is Carla Swart gedood in ‘n ongeluk.

Dit is nie bekend of die taxibestuurder gearresteer is nie.

Bron: Die Vryburger

 

Grondwetlike Hof kap Dlamini

Die Grondwetlike Hof het beslis dat die minister van sosiale ontwikkeling, Bathabile Dlamini, persoonlik 20% van die regskoste moet betaal insake die sosiale toelae hofsaak.

Daar is verder deur regter Froneman aanbeveel dat die hofstukke verwys moet word na die Openbare Vervolger om te sien of Dhlamini vervolg moet word vir meineed.

Bron: Die Vryburger

 

Brandstof styg op 3 Oktober 2018

Die AA voorspel dat petrol met R1,01 gaan styg terwyl diesel met ‘n stewige R1,24 gaan styg op 3 Oktober.

Dit sal die grootste styging van brandstofpryse in die geskiedenis van SA wees.

Die AA noem dat die verhoging bykans R2,5 miljard per maand uit die ekonomie sal haal – ‘n ekonomie wat reeds sukkel om aan die gang te bly.

Die amptelike aankondiging oor die nuwe prys sal later vandag gemaak word.

Bron: Die Vryburger

 

Opposisie roep CR op

Die opposisie eis dat Cyril Ramaphosa ook voor die Zondo kommissie moet verskyn om sy aandeel in die staatskaping al dan nie te verduidelik.

Die Vryburger het by vele geleenthede genoem dat Cyril Ramaphosa as adjunkpresident onder Jacob Zuma bewus moes wees van die skaduagtige onderhandelinge wat plaasgevind het.

Daar word verder gemeld dat Ramaphosa as voorsitter van die interministeriële komitee van staatsentiteite deeglig kennis moes dra van die rade wat op SAL, Transnet, Denel, Sasol, Spoornet, Prasa ens gedien het. Om nou sy hande en die van die ANC, te was en te sê dit was net Zuma se skuld is misleidend.

Dit laat die vraag ontstaan in hoe ‘n mate die ANC agteraf vir Zuma gaan beskerm sodat hy nie ‘n fluitjieblaser word nie.

Bron: Die Vryburger

 

DA raadslid stamp en betas VF Plus dame

Die maanskyn en rose koalisie tussen die DA en die VF Plus is toe nie oral ewe rooskleurig nie, en het selfs dorinkies.

‘n VF Plus-raadslid in die Emfuleni-stadsraad (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging), Gerda Senekal, het ‘n klag by die Vanderbijlpark-polisiestasie teen ‘n DA-raadslid ingedien nadat hy haar voor die Emfuleni-raadskantore teen die bors gestamp, onwelvoeglike taal toegevoeg en betas het. Die voorval het kort voor die aanvang van ‘n vergadering van die Seksie 80 omgewingsbestuur-portefeuljekomitee plaasgevind.

Raadslid  van die DA het Senekal gekonfronteer omdat sy hom nie gegroet het nie. Hy het haar ‘n “wit bliksem” genoem en gesê sy moet met haar ‘k..k’ maniere stop. Hy het ook, terwyl hy haar stamp, aan haar borste gevat. Senekal het agteruit teen ‘n stel trappe gesteier en ‘n reëling getref.

Senekal het gepoog om van haar aanvaller weg te kom, maar hy het die pad versper. Sekuriteitspersoneel van Emfuleni, wat ooggetuies was van die voorval, het versuim om in te gryp.

VF Plus gaan ook ‘n klag indien teen Mashabela by die speaker van Emfuleni en die DA.

Bron: Die Vryburger

 

Hoe veilig is jou kind?

Die Dros restaurant in Silverton het, drie dae na die gebeure, bevestig dat ‘n sesjarige dogter verkrag is in een van die restaurant se toilette.  Polisie het bevestig dat ‘n 20-jarige man in hegtenis geneem is en weer op 2 Oktober 2018 in die hof sal verskyn nadat hy voorlopig aangekla is van verkragting, besit van dwelms en aanranding met opset.

Ouers raak toenemend bekommerd dat in dié nuwe Suid Afrika ‘n kind op skool, in die winkelsentrums of selfs in ‘n speelpark van ‘n restaurant nie meer veilig is nie.

Intussen verklaar Cyril Ramaphosa by die VN dat vrede en stabiliteit heers in SA en in dieselfde asem meld hy dat Donald Trump nie reg ingelig is oor die toestande in Suid Afrika nie.

Bron: Die Vryburger

 

Skrootwerwe word banke

Werkloses versamel eerder staal en metaal om te verkoop as plastiek en karton.

Skrootwerwe in die sentrale dele van die land het soos paddastoele opgeskiet. Metaal is meer winsgewend as plastiek en karton en makliker vervoerbaar.

Die probleem is egter die aantal skrootwerwe wat onwettige koper en staal ontvang wat gesteel is soos kabels, motors van spilpunte en selfs dele van elektriese substasies.

Bron: Die Vryburger

 

 

Weer

Temperature vir vandag vir die hoofsentra in die land soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo

Warmbad – Bewolk maar baie warm

Min 18 Max 34

Nelspruit – Sonnig en baie warm

Min 17 Max 35

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm met donderbuie plek plek

Min 17 Max 32

Johannesburg – Bewolk en warm met donderbuie in die namiddag

Min 15 Max 29

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm met donderbuie in die namiddag

Min 13 Max 31

Rustenburg – Bewolk maar baie warm

Min 15 Max 33

Bloemfontein – Sonnig en warm met wind in die namiddag

Min 6 Max 29

Kimberley – Sonnig en warm

Min 10 Max 30

Durban – Bewolk maar bedompig

Min 18 Max 26

Oos London – Sonnig met wind in die namiddag

Min 12 Max 25

Upington – Sonnig en warm

Min 19 Max 26

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en koud

Min 11 Max 17

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en matig

Min 12 Max 20

Sutherland – Gedeeltelik bewolk en ligte wind met tye

Min -1 Max 14


 

Leave a Reply