Potgooi – Nuus &  Weer 9:30 17 September 2018

Potgooi – Nuus & Weer 9:30 17 September 2018

Weeksdae Aangebied deur Yolanda om 9:30 (CAT)

Klik HIER om weer te luister

https://archive.org/details/yol2018-09-17.092906

Kennisgewing

  1. Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
  3. Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda

Die Nuus aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo & FM Live Gospel Active

Nuus

Die DA-leier, Mmusi Maimane, sê die geld wat deur verskeie munisipaliteite in Limpopo by die beleërde VBS onderlinge bank belê is, is gebruik om sekere politieke partye te borg. Maimane het by Mokopane gepraat waar hy sy party se premierskandidaat vir die Limpopo voorgestel het. Die VBS is in die nuus nadat die bank ‘n lening van sewe-komma-agt-miljoen rand aan oud-president Jacob Zuma toegestaan het om sy Nkandla-skuld te betaal. Die bank is intussen onder kuratorskap geplaas weens finansiële onreëlmatighede. Maimaine sê die politieke partye moet die geld terugbetaal…..

 

Die Demokratiese Republiek die Kongo gaan na verwagting binnekort onder meer koper en kobalt as strategiese minerale hulpbronne verklaar, wat hoër tantieme-koerse tot gevolg sal hê. Die land se minister van Mynwese, Martin Kabwelulu, sê die veranderings is deel van ‘n nuwe mynhandves. Minerale wat as strategies geklassifiseer word onder die nuwe kode sal onderhewig wees aan tantieme van 10 persent, in plaas van die twee tot drie persent wat mynmaatskappye tans aan die DRK-regering betaal. Die Kongo is Afrika se top koperprodusent en die wêreld se voorste produsent van kobalt – ‘n mineraal wat hoog in aanvraag is weens die gebruik daarvan in elektriese motorbatterye en selfone. Maatskappye betrokke in die DRK se mynbedryf, sluit ook maatskappye in wat in Suid-Afrika bedrywig is soos Glencore, Randgold en Anglo Gold Ashanti.

 

‘n Groep onbekende mans het die polisie by ‘n taxi-staanplek in Polokwane aangeval wat tot ‘n gewelddadige botsing gelei het. Twee polisiebeamptes is beseer en hul voertuie is beskadig. Een van die verdagtes is in die been geskiet. ‘n Woordvoerder van die Limpopo-polisie sê hulle het na dwelmmiddels gesoek toe hulle aangeval is. Die verdagtes is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Polokwane-landdroshof verskyn.

 

Die polisie in Kwa Zulu-Natal soek nog steeds na ‘n vier-jarige meisie en haar ontvoerders. Sy was saam met haar pa in sy voertuig in Pinetown toe die kapers hom met ‘n vuurwapen gedreig en sy motor geroof het. Die meisie was steeds in die motor. Intussen het die polisie in die Vrystaat ‘n 14-jarige meisie opgespoor wat sedert Vrydag vermis was. ‘n Grootskaalse soektog was aan die gang na Kedibone Matheko wat laas by die Louriepark laerskool in Bloemfontein gesien is. Lede van die gemeenskap het die meisie in die Ferreira-gebied in Bloemfontein gesien. Sy is na die plaaslike jeugsentrum teruggeneem.

 

Die DA het ‘n beroep op ANC-leiers gedoen om te getuig voor die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek. Die DA-leier, Mmusi Maimane, sê ANC-leiers moet aanspreeklik gehou word. Hy het gepraat op Mokopane in Limpopo tydens die party se bekendstelling van sy premierskandidaat vir aanstaande jaar se verkiesing. Oudpresident Jacob Zuma het voor die naweek gesê hy neem kennis van die versoek om voor die Zondo-kommissie te verskyn en dat hy daaroor sal nadink.

 

Die polisie in Kwa Zulu-Natal soek nog steeds na ‘n vier-jarige meisie en haar ontvoerders. Sy was saam met haar pa in sy voertuig in Pinetown toe die kapers hom met ‘n vuurwapen gedreig en sy motor geroof het. Die meisie was steeds in die motor.

 

Die DA-leier, Mmusi Maimane oorweeg dit om hom beskikbaar te stel vir die pos van premier van die Wes-Kaap. Maimane sou na verwagting vandag ‘n aankondiging gemaak het oor wie die party se premierskandidaat vir die Wes-Kaap is, maar die nuuskonferensie is tot Dinsdag toe uitgestel. Die DA-leier in die provinsie, Bonginkosi Madikizela, die parlementslid, David Maynier en die provinsiale minister van Ekonomiese Geleenthede, Alan Winde is ook kandidate. Maimane se woordvoerder, Portia Adams, sê Maimane bespreek nog sy voornemende kandidaatskap met die partystrukture.

 

Die Kaapstad Metroraad sê syfers die afgelope drie en ‘n half jaar toon dat die misbruik van middels en nalatigheid die grootste redes is vir brande waarin mense sterf. Die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, J.P Smith, sê syfers bevestig die aanname dat brande weens nalatigheid en misbruik van middels veroorsaak word. Die helfte van die 511 mense wat vanaf Januarie 2015 tot in Junie vanjaar in brande dood is, was volwasse mans. Bykans die helfte van die mense is oor naweke in brande dood en 58 persent was tussen middernag en sesuur die oggend. Smith sê dit is nodig dat openbare bewusmakingsveldtogte gehou moet word om gevare uit te wys.

 

Die DA in Gauteng oorweeg regsoptrede om te sorg dat die voormalige LUR vir Gesondheid, Qedani Mahlangu en senior gesondheidsamptenare uit hul eie sak betaal vir die vergoeding van slagoffers van die Life Esidimeni tragedie. Die Gautengse regering het reeds bykans 160 miljoen rand aan 134 eisers betaal. Verlede maand is nog 200 vergoedingseise ingedien. Die nuwe eise gaan die provinsiale regering 236 miljoen rand kos. Die party sê dit is onregverdig dat belastingbetalers moet opdok vir die skandaal van die gesondheidsdepartement. Die DA se woordvoerder oor gesondheid, Jack Bloom, sê hy het nog geen terugvoering van die departement gekry op ‘n brief wat hy twee maande gelede aan hulle gestuur het nie en regsoptrede raak nodig.

 

Die polisie in die Oos-Kaap se bende-eenheid ondersoek ‘n saak van moord en poging tot moord ná twee skietvoorvalle in Port Elizabeth. Die 17-jarige Ezra Murphy is dood toe daar op hom geskiet is terwyl hy en sy vriende uit ‘n winkel gestap het. Sy vriende het in die winkel geskuil, maar Murphy is verskeie kere getref. Volgens die polisie is Murphy na bewering ‘n bendelid, terwyl sy aanvallers lede van ‘n ander bende is. Die ander voorval was op Bethelsdorp toe op twee mans agter ‘n huis in Cellosia-singel geskiet is. Niemand is nog in verband met die skietvoorvalle in hegtenis geneem nie.

 

‘n Beloning van 50-duisend rand is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die persoon wat ‘n vulstasie-eienaar in Rossburgh in die suide van Durban doodgeskiet het. Kidesh Ramjettan is Woensdag 22 Augustus om vieruur die middag by die vulstasie doodgeskiet. Die motief van die moord is nog onbekend. Die Durbanse polisie vra dat persone met inligting hulle sal kontak.

 

Die weer

 

Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos deur die Suid Afrikaanse Weerburo

Warmbad – Mooi weer & baie warm

Min 21 & Max 35

Nelspruit – Mooi weer & baie warm

Min 20 & Max 38

Pretoria – Sonnig & baie warm

Min 23 & Max 31

Johannesburg – Mooi weer & sonnig

Min 20 Max 29

Vereeniging – Mooi weer & sonnig

Min 18 & Max 32

Rustenburg – Mooi weer & baie warm

Min 19   Max 33

Bloemfontein – Sonnige dag

Min 10 & Max 28

Kimberley – Mooi weer & baie warm

Min 12 & Max 31

Durban –   Gedeeltelik bewolk & warm

Min 18 & Max 26

Oos London – Gedeeltelik bewolk & warm

Min 16 & Max 22

Upington – Sonnige dag

Min 13 & Max 26

Kaapstad – Bewolk met ligte reën plek plek

Min 13 & Max 16

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met verspreide reen buie

Min 11 & Max 18

Sutherland – Gedeeltelik bewolk & matig warm

Min 3 & Max 10


 

Leave a Reply