Potgooi – Nuus &  Weer 9:30 7 September 2018 – Vrydag

Potgooi – Nuus &  Weer 9:30 7 September 2018 – Vrydag

Weeksdae Aangebied deur Yolanda om 9:30

Klik HIER om weer te luister

https://archive.org/details/yol2018-09-07.092917

Kennisgewing

  1. Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
  3. Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda

Die nuus word aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo & FM Live Gospel Active

 

Nuus

Alles of niks

BLF (BlackLandFirst) eis dat alle grond wat in blankes se hande is nou oorgeplaas word in swartes se hande.

Die eis kom van hulle radikale leier, aldus Andile Mngxitama (foto) en hy het dit gemaak tydens die grondwetlike komitee se sitting in die parlement.

Volgens hom moet “alle grond, gebruikte, ongebruikte, produktiewe en onproduktiewe grond aan swartes besorg word insluitend Orania.

Christo van der Rheede van AgriSA erken die vernedering, pyn en ekonomiese lyding wat vorige beleidsrigtings veroorsaak het en is dus ten gunste van grondhervorming.

Boere raak toenemend ongeduldig met Agri SA se herhaaldelike kruipery en verskoning vraery oor gewaande onregte van die verlede.

Willemse se “asse”

Willemse dreig nog steeds met die Gelykheidshof maar daar is nog nie kennis gegee van so ‘n aksie nie.

Die naweek tree drie anderskleuriges op saam met Naas Botha en Victor Mattfield

Nog ondersoeke gelas

Die departement van Water en Sanitasie is die volgende departement wat die Spesiale Ondersoek Eenheid moet ondersoek rondom onwettige uitgawes van openbare geld, asook die onreëlmatige toekenning van tenders aan maatskappye in die privaat sektor.

Die ondersoek is gelas deur Cyril Ramaphosa en die ondersoek sal gedoen word vir die tydperk 2015 tot en met die huidige.

‘n Kontrak met SAP, die sagteware maatskappy van Duitsland, het sowat R950 miljoen beloop wat vooraf betaalbaar was.

Intussen gaan die Ekurhuleni Metro ondersoek word rakende die Vosloorus Hospitaal en dit ook weens beweerde wanadministrasie en die onwettige verkryging van goedere en dienste.

SAID se regshoof geskors

Dit is klaarblyklik weens die R420 miljoen se BTW terugbetaling aan die Guptas wat in stryd was met die BTW wet.

Mokoena (foto) het op Denel se raad gesit toe daar pogings was om ‘n gesamentlike onderneming te doen met VR Laser, ‘n Gupta beheerde firma.  So word die onbekwame mense van een entiteit na die ander geskuif waar daar verder verneuk en gesteel word.

Janus dalk uiteindelik op parool

Janus is reeds 25 jaar in die gevangenis en is in sterk kontras met moordenaars en verkragters wat binne tien jaar vrygelaat word.

Resessie is slegs “oorgangsprobleme”

Volgens Cyril Ramaphosa gaan lande deur siklusse met op- en afwaartse fases en daar is glo lig in die tonnel.

Wat hy volgens ekonome egter nie sê nie is dat ander lande nie sover afgaan om ‘n resessie te beleef nie. Die “oorgangsprobleme” waarvan hy praat is ook vaag. Hy het reeds maande gelede oorgeneem by die groot medepligtige aan staatskaping van die land en steeds gaan dinge van sleg na slegter.

Zuma kry nou al hoe meer skuld vir SA se ekonomiese gemors maar weereens was Ramaphosa tweede in bevel van die land dus moet hy geweet het en dus ook skuld kry vir die gemors.

Bron: die Vryburger

 

Weer

 

Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos deur die Suid Afrikaanse Weerburo

Warmbad – Mooi weer & baie warm

Min 19 Max 34

Nelspruit – Bewolk & warm met verspreide reënbuie

Min 20 Max 31

Pretoria – Bewolk met reënbuie plek plek

Min 17 Max 28

Johannesburg – Bewolk met verspreide reënbuie

Min 12 Max 25

Vereeniging – Koud en bewolk met reënbuie maar warm later

Min 9 Max 27

Rustenburg – Bewolk met verspreide reënbuie

Min 12 Max 28

Bloemfontein – Bewolk en koud met verspreide reënbuie

Min 3 Max 15

Kimberley – Bewolk en koud met verspreide tot swaar reënbuie

Min 4 Max 14

Durban – Bewolk met motreën plek plek     

Min 15 Max 22

Oos London – Bewolk met verspreide reën plek plek

Min 14 Max 16

Upington –     Koel dag

Min 5 Max 13

Kaapstad – Bewolk en koud met verspreide reënbuie plek plek

Min 11 Max 15

Port Elizabeth –   Bewolk en koud met verspreide reënbuie

Min 7 Max 15

En laastens

Sutherland – Koue dag met reënbuie

Min -1 Max 3


 

Leave a Reply